khulumani-header-transparentkhulumani-color-logo-transparent

  • Written by  Neels Jackson, www.beeld.com
  • Published in In the News
  • Read 6116 times

‘Voorbeeld vir wittes’

An article by the Afrikaans newspaper, Die Beeld, reporting on the meeting on January 31, 2013 between Stefaans Coetzee and the victims and survivors of the 1996 Worcester bombings.

Die Beeld - Stefaans Coetzee, die Worces­ter-bomplanter, is vir wit mense ’n voorbeeld van egte berou en ’n opregte pleidooi om vergifnis.

Dit is die mening van dr. Deon Snyman, bestuurder van die restitusie-stigting van Suid-Afrika, nadat sowat 50 mense van Worcester gister met Coetzee in die Pretoria-Sentraal-gevangenis kennis gemaak het.

Van hulle was slagoffers van die bom wat Coetzee op 24 Desember 1996 by ’n apteek in dié dorp laat ontplof het.

Nadat een van hulle, Olga Macingwane, Coetzee in 2009 ontmoet het, is die Worcester Hoop en Versoeningsprojek op die been gebring. Hulle het ’n vredestrein georganiseer waarmee 50 mense Pretoria toe gereis het vir gister se ontmoeting – deel van die departement van korrektiewe dienste se program van dialoog tussen oortreders en slagoffers.

Daar het hulle gehoor hoe Coetzee, wat 40 jaar tronkstraf uitdien, sy verhaal vertel en hulle om vergifnis vra vir wat hy gedoen het.

Coetzee het in ’n kinderhuis grootgeword en die skool ná st. 8 (gr. 10) verlaat. Hy het onder die invloed van die Israel-visie gekom en swart mense gehaat. Hy het hom deur onder meer die AWB laat lei en op instruksie die bom geplant.

In die tronk het hy onder Eu­gene de Kock se invloed tot nuwe oortuigings gekom.

Coetzee het vertel hoe hy in die tronk saam met swart mense moes leef en geleer het dat hulle eintlik dieselfde as wit mense is. Daar is soveel ooreenkomste, onder meer in geloof.

Die mense van Worcester het sy getuienis positief beleef. 

Linda Sibeko, onderburgemeester van Worcester ten tyde van die ontploffing, het gesê sy het met gemengde gevoelens gekom. Sy het nie gedink Coetzee sou so nederig wees nie. Sy dink God se hand was gister daar. Sy gaan “baie, baie gelukkig” terug Worcester toe.

Snyman het gesê Suid-Afrika het nog nie van al sy trauma herstel nie. Hy dink nie in die wit gemeenskap is daar begrip vir die omvang van die trauma wat swart mense onder apartheid beleef het nie. 

Boonop veroorsaak dit net nog meer trauma as hulle nie opreg vir die verlede om verskoning wil vra nie.

Subscribe to our Newsletter

Follow us on Facebook

@KhulumaniAfrica

Khulumani (KSG)
Tue Apr 25 10:20:40 +0000 2017

I posted a new photo to Facebook https://t.co/rLmfSNYO0o
Khulumani (KSG)
Sun Apr 23 08:10:38 +0000 2017

Concerns over water wastage at Bokone, Limpopo: Water abuse by mine company of Bokoni. When 22000 liter tank... https://t.co/qi5lKTvpp9
Khulumani (KSG)
Fri Apr 21 05:59:12 +0000 2017

A tribute to the life of Ntate Philip Kgosana (shared by Sipho Mantula): I am mourning the death of the father of... https://t.co/2AZcc8XIC8
Khulumani (KSG)
Fri Apr 21 05:56:13 +0000 2017

A tribute to the life of Ntate Philip Kgosana (shared by Sipho Mantula): I am mourning the death of the father of... https://t.co/yhvMES3eYi