Kersfees: ’n tyd vir familie en vriende – of so sê ’n miljoen slagspreuke oor winkelsentrum mure geplak. Maar tussen al die slagspreuke en die aanbevelings om ons harte op ons beurse te dra, word dit dikwels vergeet dat elke vriend as ’n vreemdeling begin het. Op 11 Desember 2019 is die mense van Klerksdorp uitgedaag om 5km saam met ’n vreemdeling te stap in die #LeefLiefde pretloop.
Die pretloop was ’n geleentheid om vriendskappe te bou – maar ook die nasie. Stefaans Coetzee verduidelik dat die pretloop sy oorsprong het in gesprekke tussen hom en Oupa Coetzee oor die afstand tussen Suid-Afrikaners danksy die land se verlede. “Ons lewe in ’n land waar nie net ras ons skei nie, maar ook welstand, geloof, geslag, ens, ens,” sê Stefaans. “Die afstand tussen wit en swart is twee wêrelde.”
En hierdie afstand het as gevolg die vertraging van die erkenning van mekaar se menslikheid. “Hou by ’n verkeerlig stil waar bedelaars staan, en kyk bietjie hoeveel mense weg kyk. Hoeveel mense doen moeite om die persoon te groet. Die kasregister dame. Hoeveel mense groet haar? Volg Facebook en sien wat plaas mense alles daarop,” sê Stefaans.
Geleenthede soos die pretloop is dus ’n belangrike stap in die reis na ’n geselskap waar versoening en verhouding hul volle betekenis in ons lewens kan bereik. Mejandra Pretorius, #LeefLiefde fotograaf, sê, “Die pretloop was ’n lekker gees al klaar, en my ma vra my toe by die huis ‘Hoekom doen hulle hierdie pretloop nie elke week nie?’” Die hongerte vir sulke geleenthede wys Suid-Afrikaners het hoop vir die bou van die nasie en van ’n nuwe geselskap met meer menslike waardes.
Maar Stefaans herinner ons ook dat sulke geleenthede nie besonders moet wees nie, of af en toe moet gebeur nie – hulle moet deel van ons daaglikse lewens wees. “Ek en Oupa… probeer gereeld aan praktiese oplossings dink om brüe te bou,” sê hy. “Ons moet brüe bou. Die werkplek is ’n goeie plek.” Hy let op dat die Zoeloe groet, “Siyabonga”, beteken “Ek sien jou.” Net om die mense om ons – soos ons medewerkers of werknemers – te erken, kan ’n kragtige impak op ons interaksies hê. Om mense as mense te behandel en nie net as posisies nie. “Rykdom is een ding, die manier hoe baie huishulp en tuinwerkers behandel word is totaal ’n ander storie.”
Met ’n nuwe jaar om die draai, is geleenthede soos die #LeefLiefde pretloop ’n herinnering van die potensiaal vir vriendskap en konneksie tussen mense, wat in ons geld-gedrewe geselskap baie dikwels onsigbaar is.
Kan ons die nuwe jaar betrek met die eenvoudige toewyding om die mense om ons te sien? As mense – nie rasse, posisies of beurse nie. En om hierdie mense te erken. “Die Bybel moedig ons immers aan om vreemdelinge te groet met die vraag ‘wat help dit jy groet net díe wie jou groet …?’”, sê Stefaans. “En vriendskap, het Cullen Hightower gesê, word gebore uit vreemdelinge.”
Met dank aan Sandra en George Foley, Bridget Kleu, en Nantes Coetzee, die organiseerders van die pretloop en van die Klerksdorp Parkrun, wie gereël het dat die stap in die Parkrun tuiste gehou is.